Woensdag, 21 Mei 2008
Abahlali baseMjondolo Persverklaring
Unyawo Alunampumulo
Abahlali baseMjondolo Verklaring oor die Xenofobiese Aanvalle in Johannesburg
Alle mense het dieselfde oorsprong. Daar is net een menslike ras.
Ons stryd, en elke ware stryd, is om te sorg dat die mens, die persoon, sentraal binne enige gemeenskap staan, en ons begin by diegene wat die meeste benadeel is.
'n Daad kan onwettig wees. 'n Mens kan nooit onwettig wees nie. 'n Mens bly 'n mens waar hy of sy ookal is.
Indien jy in 'n gevestigde gemeenskap woon behoort jy aan daardie gemeenskap: binne daardie gemeenskap is jy 'n buurpersoon, 'n medemens en 'n vriend.
