Praag: Onluste bars los toe Durban krag afskakel

http://www.praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/9874-onluste-bars-los-toe-durban-krag-afskakel.html

Onluste bars los toe Durban krag afskakel

Inwoners van Kennedy Road in Durban het met veiligheidswagte van die eThekwini-munisipaliteit gebots nadat dié kragkabels in die nedersetting ontkoppel het, het Abahlali baseMjondolo, ‘n aktivistegroep van makoekoebewoners (sinkhuise) van Suid-Afrika, gesê.

“Die gemeenskap het vroeër met die munisipaliteit onderhandel en verstaan dat hulle nié hul wagte sal instuur om (die kabels) te ontkoppel nie,” het Mnikelo Ndabankulu, woordvoerder, gesê.

“Hierdie ooreenkoms is egter Sondagoggend verbreek en die inwoners het die afskakeling teengestaan.”

‘n Man is deur ‘n rubberkoeël in die gesig getref toe inwoners die wagte gekonfronteer het.

Die metropolisie het opgedaag nadat inwoners paaie na die nedersetting afgesper het.

Die eThekwini-munisipaliteit was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Abahlali baseMjondolo is in 2005 in die Kennedy Road-nedersetting gestig. Dit is die grootste organisasie van makoekoebewoners in Suid-Afrika.